Mense skryf oor hoe hulle die deure ooplos, met die trein werk toe ry, kinders in die straat speel en allerhande ondenkbare dinge vir Suid-Afrikaners wie nog nie na die buiteland verhuis het nie. Self, glo ek al die dinge en dink ook dit is belangrik vir verhoogde lewenskwaliteit. Maar tog klink al die briewe dieselfde. En ek bespeur amper altyd ´n weterbeterige ondertoon, met ´n jammer-gevoel vir die `agtergeblewenes` in Suid-Afrika.
Dit is ´n moeilike ding om te verdedig, want tog is elke een anders, en het elkeen sy eie kriteria van `goed lewe`. En dit is die feit wat gereeld uit die oog verloor word. Feit, nie persepsie nie. Ek is ´n groot voorstandaander van persepsie is realiteit, en geen voorbeeld is so sprekend soos die een nie. Vir die nuwe familie, een dalk twee peuters, kan nommer een wees om naby hul eie familie te wees vir ondersteuning en opvoeding. Vir die ouer pare met kinders op skool, kan taal en kultuur ´n groot motivering wees. Vir die rugby-spelende, castle-drinkende, biltong-etende student, is daar geen land soos sy sonnige Suid-Afrika. En die dinkies (double-income-no-kids) kan hulleself nerens anders voorstel as die ewige-hip Kaapstad nie.
Net so, kan die jong dokterspaar in Kanada na 6 maande nogsteeds nie hulle salaris en werksure glo nie. En die 20-jarige universiteits `drop-out` het binne twee weke ´n werk gevind in London wat huur en ´n bier op ´n Vrydag kan betaal. Asook die reis-mal IT konsultant wat nou die wereld aan haar voete het met die perfekte werk wat 80% Europese reis vereis.
So, as ek hier in my sitkamer (met ´n oop deur) in Hilversum, Nederland, sit, en verlang na my familie en vriende, is ek gelukkig en tevrede. Want dis my keuse.
Monday, October 23, 2006
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment